Poetoepap
Pa se papresep Poetoepap smaak soms rouerig. Probeer ‘n slag hierdie metode wat presies herhaalbaar is. Ek meng gewoonlik growwe meel en fyn meel 50:50. Die verhouding van meel tot water word vooraf gemeet, soos volg: Verhouding . . . . Meel . . . .tot . . . . . . Water Stywepap . . . . . . . 1 . . . . . . . . . . . . . . . . 2 Poetoepap . . . . . . . 5 . . . . . . . . . . . . . . . . 6 Poetoepap . . . . . . . of, 1 . . . . . . . . . . . . . . . . 1 Enige ander variasies van meel tot water kan natuurlik gekies word. Ook, soos reeds gesĂȘ, moet die hoeveelhede aan die begin uitgemeet word. Meet ook die sout. Poetoepap Basies word 'slappap' gemaak met terselfder tyd 'n laag meel bo-op dit. Maak die deksel toe en kook vir 'n halfuur. Die meel en water is nou gekook. Roer dan die laag meel by die slappap in en kook vir nog 'n tydjie. In meer besonderhede, soos volg: Gooi al die sout by die water en as dit kook, voeg meel stadig by terwyl dit vir ...