Poetoepap



Pa se papresep 

Poetoepap smaak soms rouerig. Probeer ‘n slag hierdie metode wat presies herhaalbaar is.

Ek meng gewoonlik growwe meel en fyn meel 50:50.

Die verhouding van meel tot water word vooraf gemeet, soos volg:

Verhouding . . . . Meel . . . .tot . . . . . . Water
Stywepap . . . . . . . 1 . . . . . . . . . . . . . . . . 2
Poetoepap . . . . . . . 5 . . . . . . . . . . . . . . . . 6
Poetoepap . . . . . . . of, 1 . . . . . . . . . . . . . . . . 1

Enige ander variasies van meel tot water kan natuurlik gekies word. Ook, soos reeds gesê, moet die hoeveelhede aan die begin uitgemeet word. Meet ook die sout.

Poetoepap 

Basies word 'slappap' gemaak met terselfder tyd 'n laag meel bo-op dit. Maak die deksel toe en kook vir 'n halfuur. Die meel en water is nou gekook. Roer dan die laag meel by die slappap in en kook vir nog 'n tydjie.

In meer besonderhede, soos volg: Gooi al die sout by die water en as dit kook, voeg meel stadig by terwyl dit vir sowat  'n paar minute geroer word, d.i. tot dit bind en neig om te begin klonte maak (dis omtrent wanneer ‘n derde van die meel bygevoeg is).

Onmiddelik daarna: Versprei  die oortellige meel as 'n laag bo-op die slappap, oor die hele oppervlakte daarvan. Maak die deksel toe en laat kook vir 'n halfuur. Die slappap en afsonderlike laag meel is dan al goed gekook.

Na die halfuur, roer die laag meel by die slappap in en laat kook vir nog 'n tyd. Na 'n kwartuur is die poetoepap reg om ge-eet te word. Maar, laat dit liewer kook vir nog 'n kwartier, of selfs langer.
.
Hoe langer  gekook (met lae temperatuur) word meer brandsel verkry, vir die lekker bekke wat botter daarop smeer!

Stywepap

Stywe pap word op dieselfde manier gemaak tot by die  bestemde tyd.

Willem van Heerden


Comments